Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Bykos

Rösti

Rösti is Switserse aartappelkoekies. Dis vroeër altyd by ontbyt voorgesit, maar deesdae word dit gebruik as bykos.
(sowat 8 koekies)

  • 6 Mediterreense aartappels, geskil
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 g (30 ml) botter
  • 30 g (30 ml) eendvet

Stap 1. Plaas aartappels in kastrol en bedek met koue water. Bring water tot kookpunt en kook aartappels tot jy ’n toetspen net-net daardeur kan steek – dit moet nog ferm wees en nie heeltemal sag nie. Dreineer in vergiettes en laat heeltemal koud word. Plaas in yskas vir minstens 2 uur.

 

Stap 1.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Rasper aartappels op die growwe kant en geur met sout en peper.

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Vorm koekies so groot soos jy verkies van die gerasperde aartappels en druk stewig vas.

Stap 3.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Verhit van die botter en eendvet in ’n pan. Plaas van die koekies in die warm vet. Verlaag hitte. Braai minstens 5 – 10 minute voor jy dit omkeer. Draai om en braai nog sowat 5 – 10 minute tot bros en goudbruin.

Stap 4.