Gebak

Rykste sjokoladekoek

Gebruik ’n vierkantige pan van sowat 15 x 20 cm.

  • 210 g 70% donkersjokolade
  • 190 g (210 ml) ongesoute botter
  • 250 g (310 ml) suiker
  • 5 eiers
  • 15 ml koekmeel, gesif

Verhit jou oond tot 190 ºC. Smelt die sjokolade en botter in jou mikrogolfoond of in ’n bak oor kookwater. Roer die suiker by en laat effens afkoel. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die meel by en meng goed. Gooi die mengsel in ’n uitgevoerde pan en bak vir 22 minute. Die koek moet nog effens sag in die middel wees. (Laat die koek vir nog sowat 5 minute bak as dit vir jou nog te sag of rou lyk.) Haal uit en keer die koek onmiddellik uit. Laat afkoel.

Wat jy moet weet
Die koek is baie ryk, dus het dit nie versiersel nodig nie.