Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Gebak

Rykste yskas-sjokoladetert

6 – 8 PORSIES

Sjokolade-deeg
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 210 g (250 ml) strooisuiker
• knippie sout
• 15 ml kakao
• 190 g (210 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny
• 2 eiergele
• 15 ml koue water

Plaas meel, strooisuiker, sout en kakao in voedselverwerker. Voeg botter by en meng tot dit soos broodkrummels lyk. Klits eiergele en water saam. Voeg by mengsel en meng tot deeg vorm. Maak deeg toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir minstens 2 uur. Verhit oond tot 180 ºC. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak en voer ’n gesmeerde losboom-quichepan van so 23 cm daarmee uit. Plaas ’n groot stuk bakpapier bo-op deeg en vul met droëbone. Bak vir 20 minute. Maak seker die deeg is gaar, want die tert gaan nie weer in die oond in nie.

Sjokolade-vulsel
• 200 g 70%-donkersjokolade, in stukke gebreek
• 300 ml room
• 30 ml kakao, gesif
• sjokoladekrulle

Plaas sjokolade en room in ’n bak wat pas oor ’n kastrol met water wat net gekook
het. Laat sjokolade en room saam smelt. Roer elke nou en dan. Voeg kakao by en
meng goed. Gooi mengsel in gaar tertdop en plaas in yskas tot gestol. Sit voor met sjokoladekrulle en geklopte room.