Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Saad-en-rosyntjiebrood-rolletjies

Jy kan enige sade gebruik soos pampoen, sesam en sonneblom.
Genoeg vir 6 Broodjies
baktyd: 25 – 30 minute

  • 1 x basiese brooddeeg
  • 250 g gemengde sade van jou keuse
  • 150 g rosyntjies
  • ekstra sorghummeel vir uitrol

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel dun lagie sorghummeel op werkoppervlak en keer uitgerysde deeg daarop uit. Verdeel deeg in 6 porsies van eweredige grootte. Rol elke deegporsie in ronde bal. Plaas deegballe in 6 klein kleipotjies wat uitgevoer is met bakpapier of in 6 holtes van ’n groot muffinpan met volume van 250 ml elk. Sprinkel saadjies en rosyntjies bo-oor. Laat rys op warm plek vir 20 – 25 minute of tot dubbel in volume. Bak 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sit voor.