Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Gebak

Sagte koekies met karamelvulsel

Hierdie delikate koekies smelt letterlik in jou mond.
(34 koekies/17 Gevulde koekies)

    • 2 x 360 g-blikke karamelkondensmelk
    • 250 g (270 ml) botter
    • 250 g (310 ml) suiker
    • 2 eiers, geklits
    • 250 g (445 ml) koekmeel
    • 250 g (520 ml) mielieblom
    • 5 ml bakpoeier
    • 1 ml sout

Verkoel karamel in yskas, verkieslik oornag. Dis dan minder geneig om te vloei wanneer dit as vulsel gebruik word. Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter en suiker in ’n elektriese menger se bak. Verroom tot lig. Voeg eiers by en meng goed. sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel. Meng tot deeg vorm. Plaas in spuitsak met ’n roos-spuitstuk. spuit ronde koekies van 5 cm in deursnee so 3 – 4 cm uitmekaar op ’n uitgevoerde bakplaat. Plaas in oond en bak 15 minute. Haal uit en laat afkoel. skep koue karamel in spuitsak en spuit op een koekie. Bedek met nog ’n koekie. sif versiersuiker oor.