SARIE KOS FEB/MRT 2014

FOTO Mickey Hoyle

Gebak

Salami-pizza

genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis
• 125 g gerasperde mozzarella-kaas
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 7 salami-skywe
• olyfolie om oor te sprinkel
• mikrokruie

Verhit oond tot 230 °C. Plaas pizza-basis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarella-kaas bo-op. Geur met sout en peper. Rangskik salami bo-op en sprinkel bietjie olyfolie oor. Plaas in oond en bak 10 – 12 minute. Haal uit en sprinkel mikrokruie oor.