Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Sampioen-calzone

(4 porsies)

Calzone is soos ‘n pizza, maar jy vou dit toe. Jy kan seker sê dis ‘n pizza wat hom soos ‘n pastei gedra!

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 x 410 g-blik tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g-sakkie winkeldeeg (vra by jou naaste supermark se bakkery)
  • 370 g wit sampioene, gesny
  • 200 g mozzarellakaas, gerasper

Verhit oond tot 200 ˚C. Verhit olie in ‘n mediumgroot pot. Plaas ui en knoffel in pot en braai liggies tot goudbruin. Voeg tamaties by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 10 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Rol deeg tot sowat 5 mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit. Smeer tamatiesous oor deeg. Plaas sampioene en kaas op helfte van deeg. Geur goed. Vou ander helfte van deeg oor vulsel en seël kante dig deur deeg saam te druk met vingerpunte. Plaas op ‘n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor saam met slaai van jou keuse.