Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS AUG/SEP 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS AUG/SEP 2012

Diabeties

Sampioen-en-ham-quiche

Resep deur Annerien Vermeulen

6 porsies

Kors

  • 125 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
  • 190 ml hawermout
  • 20 g parmesaankaas, gerasper
  • 2 ml sout
  • 45 g sagte laevet-margarien
  • 45 ml koue karringmelk

Vla

  • 375 ml warm vetvrye melk
  • 45 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
  • 3 eiers
  • 2 eierwitte
  • 1 ml fyn witpeper
  • 2,5 ml sout
  • 15 ml vars tiemie, gekap (of 5 ml gedroogde tiemie)

Vulsel

  • 20 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 450 g gemengde sampioene, gesny (knopie-, oester-, shitake-, portabellini of bruin  sampioene)
  • 100 g maer ham, gesny
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml heelkorrelmosterd
  • 75 g gruyère-kaas, gerasper
  • 25 g parmesaankaas, gerasper

Kors
Plaas meel, hawermout, parmesaan en sout in ’n voedselverwerker en meng tot fyn. Voeg margarien by en pols tot mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en pols tot ’n sagte deeg. Plaas in yskas vir 15 minute. Spuit ‘n vlak 30 cm-quiche-pan goed met kleefwerende kossproei en druk die deeg egalig daarin uit. Verkoel vir 10 minute.

Vla
Klits al die bestanddele saam en laat eenkant staan tot benodig.

Vulsel
Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg ham by. Verwyder van  hitte en geur met mosterd, sout en peper. Laat afkoel. Skep afgekoelde sampioenmengsel in  bereide tertkors. Strooi gruyère oor en plaas quiche-pan in oond. Gooi die vla versigtig in die oond oor die quiche (indien die vla buite die oond ingegooi word, kan die vla uitloop wanneer jy die pan beweeg). Bak vir 30 minute, tot quiche ligbruin en gestol is. Haal uit oond, sprinkel parmesaankaas oor en plaas terug in oond tot die kaas gesmelt is.

Analise
1 porsie – 230-250 g
Energie – 1530 KJ
Koolhidrate – 33.4 g
Proteïen – 23.5 g
Totale Vet – 15.7 g
Versadigde vet – 5.6 g
Mono-onversadigde vet – 6.2 g
Poli-onversadigde vet – 2.3 g
Vesel – 3.7 g
Glukemiese lading (GL) – 14.8

Opmerkings:
Kan die porsies nog bietjie kleiner maak (probeer 8 porsies uitkry), om die koolhidrate effens te verminder. Laervet-soorte ham en kaas maak regtig ‘n groot verskil in die versadigdevet- inhoud (ook die vetvrye melk).