Gebak

Sampioen-en-ricottatert

(genoeg vir 6)

  • 2 x 500 g-rol broskors (shortcrust), ontdooi in jou yskas

Vulsel

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 x 250 g-pakkie spek, fyngekap
  • 250 g sampioene, skywe gesny
  • 1 x 200 g-pak spinasie, grofgekap
  • 250 g ricotta
  • 250 ml melk
  • 3 eiergele
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Rol 1 rol broskors op meelbestrooide oppervlak tot so 3 mm dik uit. Voer ’n 25 cm-losboom-tertpan met die deeg uit. Sny oorblywende rol deeg in repe nie breër as 1 cm nie. Hou eenkant.

Vulsel

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Roerbraai ui vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg spek by en braai vir nog 5 minute. Voeg sampioene by en braai vir 5 – 8 minute. Voeg spinasie by en roer tot verlep. Verwyder van hitte en krummel ricotta by. Geur met sout en peper. Skep mengsel in uitgevoerde tertpan. Meng melk en eier en gooi oor mengsel. Pak die deegrepe in ’n weefpatroon bo-op die vulsel. Sny deeg wat oorhang af en druk deeg op rande vas. Bak vir 20 – 15 minute of tot goudbruin. Sit louwarm voor.