Sampioen-pesto-en-bokmelkkaas-broodjies
Gebak

Sampioen-pesto-en-bokmelkkaas-broodjies

(6 PORSIES)
Verhit oond se rooster tot rooiwarm. Smeer 6 klein baguette-helftes met 80 ml sagte botter en plaas op oondroosterplaat. Verdeel 125 g basiliepesto tussen broodjies. Verhit 30 ml olyfolie in ’n middelgroot braaipan tot warm. Braai 2 gekapte knoffelhuisies saam met 250 g baba- wit sampioene tot goudbruin en sag, sowat 5 minute. Verdeel sampioene tussen broodjies. Verdeel 200 g bokmelkkaas tussen broodjies. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in oond vir sowat 5 minute of tot goudbruin en kaas begin smelt. Sit warm voor.