Foto' deur Micky Hoyle

Gebak

Sampioen-quiche

Julle sal sien selfs die water word in gram gemeet – dis hoe die Franse dit doen.

4 – 6 PORSIES

Deeg
• 140 g botter (ongesout en goeie gehalte)
• 250 g koekmeel
• 6 g sout
• 1 eier
• 20 – 30 g water

Sny botter in klein blokkies. Meng meel en botter in ’n mengbak. Vryf botter en meel tussen jou hande tot fyn en krummelrig. Maak ’n dammetjie in die middel en voeg eier, sout en water by. Meng tot ’n ferm deeg. Plaas deeg in bakkie en maak toe met afdroogdoek. Plaas in yskas vir 20 minute. Verhit oond tot 200 °C. Rol deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak. Voer ’n 20 cmlosboom- quichepan uit met deeg. Plaas ’n stuk bakpapier bo-op en vul met droëbone. Plaas in oond en bak vir 15 minute. Laat effens in pannetjie afkoel.

Vulsel
• 15 ml olyfolie
• 120 g verskeidenheid sampioene, gehalveer
• growwe sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in pan en braai sampioene liggies. Geur na smaak met sout en peper – dit moenie pap gebraai wees nie, net al dente.

Eierbeslag
• 100 g gruyère-kaas, gerasper
• 2 eiergele
• 250 ml melk
• 250 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• knippie rooipeper
• knippie fyn neut

Verlaag oond se temperatuur na 180 °C. Haal deegdoppie versigtig uit pannetjie en plaas op ’n uitgevoerde bakplaat. Skep gebraaide sampioene in. Sprinkel kaas bo-op. Klits eiergele, melk, room en smaakmiddels goed saam. Gooi eiermengsel versigtig in en plaas in warm oond. Bak vir 35 – 40 minute.