Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS FEB/MRT 2014

Gebak

Sampioene en ham pizza

Genoeg vir 1 pizza

• 1 pizza-basis
• 125 g gerasperde mozzarella-kaas
• 1 x 285 g-blik knopiesampioene, gedreineer
• 6 snye ham
• 2 ml gekapte groen brandrissie
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• olyfolie om oor te sprinkel
• bronkors (water cress)

Verhit oond tot 230 °C. Plaas die pizzabasis op ’n bakplaat. Sprinkel mozzarellakaas bo-op. Rangskik sampioene en ham bo-op. Sprinkel brandrissie en knoffel oor en geur met sout en peper. Sprinkel olyfolie oor en plaas in oond. Bak 10 – 12 minute en haal uit. Sit voor met bronkors.