Foto's deur Lee Malan

Foto's deur Lee Malan

Gebak

Sampioenpizza

(6 PORSIES)

  • 350 ml louwarm water
  • 45 ml heuning
  • 1 x 10 g-sakkie kitsgis
  • 10 g sout
  • 550 g (980 ml) volkoringmeel
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 x 400 g-blik kersietamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g mozzarella, in ringe gesny
  • 400 g gemengde sampioene
  • hand vol vars basiliekruid

Verhit oond tot 200 °C. Meng water, heuning, gis en sout in middelslag-mengbak. Voeg meel by terwyl jy met ’n houtlepel roer. Voeg genoeg meel by tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Knie vir 8 – 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties. Plaas deeg in skoon bak en bedek met kleefplastiek. Laat op ’n warm plek rys tot dubbel in volume, sowat 45 minute. Terwyl deeg rys, verhit olyfolie in middelslagpan tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies tot begin verbruin, sowat 5 minute. Voeg tamaties by en verlaag hitte. Laat prut vir 10 – 15 minute of tot tamatiesous verdik. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel deeg in twee balle en rol uit op meelbestrooide oppervlak tot sowat 5 mm dik. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Smeer tamatiesous op elke pizza. Verdeel mozzarella tussen pizzas, gevolg deur sampioene. Plaas in warm oond en bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin. Sit warm voor met basiliekruid.

Om te drink:
Nederburg se Pinot Grigio 2010 of Groote Post se The Old Man’s Blend White 2011.