Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUN/JUL 2012

Diabeties

Selfsoussjokoladepoeding

Resep deur Annerien Vermeulen

(10 porsies)

  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml volkoringmeel
  • 30 ml kakao
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 30 ml hawersemels
  • 100 ml suiker
  • 150 ml suikerplaasvervanger
  • 30 ml laevet-margarien, gesmelt
  • 250 ml vetvrye melk
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 1 eier

Sous

  • 30 ml kakao
  • 15 ml koffiepoeier
  • 250 ml suikerplaasvervanger
  • 625 ml water

Verhit die oond tot 180 °C. Spuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Sif die koekmeel, volkoringmeel, kakao, bakpoeier en sout saam. Roer die semels, suiker en suikerplaasvervanger by. Meng die margarien met die melk, vanielje en eier. Roer dié mengsel by die droë mengsel in. Skep in voorbereide bak.

Sous
Meng die kakao met die koffiepoeier, suikerplaasvervanger en water. Gooi versigtig oor die nageregmengsel. Bak 30 minute in warm oond. Heerlik saam met suikervrye roomys of laevet-vla.

Analise
1 porsie – 90 – 110g
Energie – 620 kJ
Koolhidrate – 29 g
Proteïen – 5g
Vet – 1,7g
Versadigde vet – 0,4g
Mono-onversadigde vet – 0,6g
Poli-onversadigde – 0,5g
Vesel – 2 g
Glukemieselading (GL) – 17

Opmerkings
’n Hoër-kilojouleen -GL-poeding, al is die vet min en word hoofsaaklik versoeter pleks van suiker gebruik. Die bietjie suiker en die verfynde meel dra waarskynlik daartoe by. Diabete wat met bloedglukose- vlakke sukkel, moet min eet of dalk eerder die poeding vermy.