sr1212_kersfees_kos_14_
Gebak

Sjokolade-Crème Caramel

(genoeg vir 8)

  • 80 ml water
  • 150 g (190 ml) suiker
  • 250 ml melk
  • 125 ml room
  • 4 eiergele
  • 2 eiers
  • 60 ml kakaopoeier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 75 g (95 ml) suiker
  • 8 sjokolade-macarons
  • 125 g vars aarbeie, gehalveer

Verhit oond tot 160 °C. Bring water en 150 g suiker in ’n middelslag-pot tot kookpunt. Laat vinnig kook vir 8 – 10 minute tot goue karamel vorm.

Spuit ’n broodpan van 10 x 15 cm met kleefwerende kossproei. Gooi warm karamel onderin broodpan en laat staan tot gestol.

Bring melk en room in ’n skoon pot tot kookpunt. Klits eiergele, eiers, kakao, vanieljegeursel en 75 g suiker saam tot lig en romerig. Voeg warm melkmengsel by ter wyl jy roer. Gooi hele mengsel deur ’n sif in die broodpan. Plaas broodpan in oondbak. Vul oondbak halfpad met warm water. Bedek broodpan met foelie en bak vir 50 – 60 minute of tot gestol soos jellie. Haal uit oond en laat afkoel. Sit in yskas tot koud.

Keer versigtig uit op opdienbord. Sit macarons en aarbeie bo-op. Sit voor.

OM TE DRINK

Waterford Heatherleigh Family Reserve NV (R120)