FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Diabeties

Vanielje, sjokolade en lemoenkaaskoek

My gunsteling-sjokolade is Top Deck, wat die inspirasie was vir hierdie koek. Ek sit lemoen by vir ekstra smaak.

12 porsies

• 200 g fyn amandels
• 45 ml kanola-olie
• 1 eierwit
• 450 g ricotta-kaas
• 450 g gladde laevet-maaskaas
• 40 g koekmeel
• 4 eiers
• 20 g suikerplaasvervanger (Canderel Yellow)
• 50 ml 100% suiwer
• kakaopoeier
• skil van 2 lemoene

Verhit oond tot 180 ºC. Meng amandels, olie en eierwit saam tot gladde mengsel. Voer losboompan van 30 cm uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep amandelmengsel onder in pan en druk stewig vas met lepel se agterkant. Bak dié kors 8 – 10 minute of tot goudbruin. Haal uit oond en verlaag temperatuur tot 140 ºC. Plaas res van bestanddele in voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot gladde mengsel. Verdeel vulsel in twee gelyke dele. Meng kakao by een helfte en lemoenskil by ander helfte. Skep lemoenmengsel eerste in kors, gevolg deur die donker mengsel. Meng die twee ruweg tot dit lyk soos marmer. Plaas in warm oond en bak sowat 3 uur of tot gestol soos jellie. Verwyder uit oond en laat afkoel tot louwarm. Plaas in yskas en verkoel tot gestol. Verwyder ring en sit voor.