Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Sjokolade-en-lemoenmuffins

(10 MUFFINS)

  • 125 g koekmeel
  • 125 g volkoringmeel (nutty wheat)
  • 12 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 30 g hawersemels (oat bran)
  • 30 g gemaalde amandels
  • 50 g donker bruinsuiker
  • skil en sap van 2 lemoene
  • 230 ml laevet-roomkaas
  • 2 eiers
  • 60 g donkersjokolade (70%), gekap

Verhit oond tot 190 °C. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Roer die semels, amandels en bruinsuiker by. Maak ’n holte in die middel. Klits die skil, sap, roomkaas en eiers saam tot glad. Voeg by die droë bestanddele. Meng die mengsel tot net gemeng. Vou die sjokoladestukkies in. Skep mengsel in die muffinpan tot twee derdes vol. Bak vir 20 – 25 minute tot gaar. Laat afkoel en sit voor.