Sjokolade-fudge-tert (in die mikrogolf)

Sjokolade-fudge-tert (in die mikrogolf) FOTO: Donna Lewis

Gebak

Sjokolade-fudge-tert (in die mikrogolfoond)

Herman se weergawe van sjokolade-fudge-tert. Met min bestanddele, in die mikrogolfoond, só maklik. 

genoeg vir 8

  • 350 g donkersjokolade
  • 1 blik kondensmelk
  • 375 g vars bessies van jou keuse

Breek sjokolade in stukke en plaas saam met kondensmelk in ’n groot glasbak. Verhit in mikrogolfoond en roer elke 20 sekondes tot mengsel glad is. As dit lyk of die mengsel gaan skif, gooi ’n klein bietjie melk by en meng tot glad. Gooi mengsel in 25 cm-losboompan wat met kleefplastiek of bakpapier uitgevoer is. Laat stol in yskas vir 2 uur. Sit voor met bessies.

Sjokolade-fudge-tert (in die mikrogolf)

Sjokolade-fudge-tert (in die mikrogolf)
FOTO: Donna Lewis