Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Gebak

Sjokolade-karringmelkkoek

Dis ʼn lekker klam koek
(1 groot koek)

  • 130 g (140 ml) botter
  • 275 ml water
  • 45 g kakaopoeier
  • 280 g (500 ml) glutenvrye koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 10 ml bakpoeier
  • 400 g (475 ml) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 125 ml karringmelk
  • 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap

Versiersel

  • 100 ml melk
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
  • vars bessies van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Voer 25 cmlosboompan uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Smelt botter, water en kakao saam in middelslag-pot oor lae hitte. Laat effens afkoel en giet in elektriese menger se bak. Voeg res van bestanddele by en meng tot gladde beslag. Gooi in pan en bak 25 – 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel en keer uit op afkoelrakkie.

Versiersel
Bring melk tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Plaas koek op opdienbord en gooi sjokolademengsel oor. Laat stol en sit voor met bessies.