Sjokolade-moussekoek 
FOTO: Donna Lewis

Sjokolade-moussekoek FOTO: Donna Lewis

Gebak

Sjokolade-moussekoek

Die basis is bokskoek. Kyk by gesondheidswinkels vir glutenvrye koekmengsels.
Genoeg vir 8 – 10

  • 1 x glutenvrye sponskoek
  • 250 ml gladde grondboontjiebotter
  • Mousse
  • 80 ml melk
  • 200 g donkersjokolade, fyngekap
  • 8 g gelatien
  • 45 ml water
  • 250 ml room, geklits tot sagte punte
  • 5 ml kakao vir oorsif

Verhit oond tot 180 °C. Maak sponskoek aan volgens aanwysings op boks en bak tot  goudbruin en gaar. Laat afkoel. Sny sponskoek in dun skywe van so 2 cm. Voer 30 cm-losboomkoekpan uit met kleefplastiek. Voer bodem uit met koeksnye. Smeer grondboontjiebotter oor koek. Mousse Bring melk tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel vorm. Sprinkel gelatien bo-oor water en laat staan tot opgeswel. Laat smelt oor kookwater. Voeg by gesmelte sjokolademengsel en meng goed – indien die mengsel stol terwyl jy gelatien inmeng, plaas oor pot met warm water en roer tot glad. Vou geklopte room by. Gooi hele mengsel oor koek in pan en plaas vir sowat 3 – 4 uur in yskas om te stol. Verwyder ring en sif kakao oor. Sit voor.