Gebak

Sjokolade-muffins

(6 groot of 12 klein muffins)

• 500 ml koekmeel
• 160 ml kakao
• 10 ml bakpoeier
• knippie sout
• 125 ml suiker
• 250 ml sjokoladesplinters
• 330 ml melk
• 80 ml sonneblomolie
• 2 groot eiers
• 5 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ‘n muffinpan uit met papierbakkies en spuit die bakkies met Spray & Cook. Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die suiker by en meng goed deur. Vou die helfte van die sjokoladesplinters by die meelmengsel in. Klits die melk, olie, eiers en vanieljegeursel saam. Vou dit by die meelmengsel in, maar moenie te veel roer nie. Verdeel die deeg in die muffinpan en strooi die res van die sjokoladesplinters oor. Bak vir 20-24 minute tot gaar. Toets met ‘n dun pennetjie.