Micky Hoyle

Gebak

Sjokolade-neutetert

As jy pekanneute by die mengsel voeg, smaak die koek byna soos ’n brownie of pekanneut-tert.
1 x 26 cm-tert

  • 2 velle vierkantige blaardeeg
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 80 g (200 ml) kakao
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • 5 ml sout
  • 250 ml karringmelk
  • 250 ml sonneblomolie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml kookwater
  • 200 g pekanneute, grofgekap

Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n gesmeerde 26 cm-tertbak uit met deeg. Plaas al die bestanddele van mengsel 2 in die mengbak van ’n elektriese menger. Meng goed teen medium-spoed. Voeg gekapte neute by en meng goed deur. Skep vulsel in uitgevoerde tertbak en plaas in warm oond. Draai die temperatuur ná sowat 20 minute af tot 180 °C. Bak nog 1¼ uur. Toets met ’n dun pennetjie in die middel van die tert om seker te maak dis gaar – dit moet skoon uitkom. Haal uit en sit tert warm voor met geklopte room. Wenkjy kan die mengsel sonder die blaardeeg in ’n vierkantige pan bak – dan het jy ’n heerlike groot plat brownie.