Gebak

Sjokolade-oliekoek

Gebruik 2 koekpanne van sowat 18 cm elk.

  • 195 g (350 ml) koekmeel
  • 25 ml kakao
  • 15 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 3 eiers, geskei
  • 160 g (200 ml) suiker
  • 100 ml sonneblomolie
  • 100 ml water
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit jou oond tot 190 ºC. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Klits eiergele en res van die bestanddele (nie die eierwitte) vir 3 minute saam. Voeg droë bestanddele by eier-mengsel en klits goed. Klits eierwitte styf en vou liggies by mengsel in. Gooi in uitgevoerde koekpanne en bak vir 25 minute. Maak die ganache.

Ganache

  • 250 ml room
  • 250 g donkersjokolade, in stukke gebreek

Plaas die bestanddele saam in ’n kastrol en smelt oor baie lae hitte. Laat die mengsel afkoel voor jy die koek versier.

Slim idee
Klaargemaakte ganache is beskikbaar by supermarkte.