FOTO Micky Hoyle

Gebak

Sjokolade pannekoek gevul met sjokoladevla

(8 – 10 porsies)

Sjokoladevla

  • 6 eiergele
  • 100 g (120 ml) strooisuiker
  • 40 g (85 ml) mielieblom
  • 500 ml melk
  • 100 g donkersjokolade, baie fyn gekap

Klits eiergele en strooisuiker saam vir sowat 4 minute. Voeg mielieblom by eiermengsel en klits goed. Verhit melk in ’n kastrol tot net voor kookpunt. Gooi warm melk stadig oor eiermengsel en klits goed. Gooi terug in kastrol en sit op lae hitte. Hou aan roer tot dik. Gooi gekapte sjokolade by en roer tot gesmelt. Gooi vla uit in bak en plaas kleefplastiek direk op vla. Laat afkoel.

Sjokolade-pannekoek

(sowat 8 – 10 pannekoeke)

  • 310 ml melk
  • 1 eier
  • 15 ml botter, gesmelt
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 30 g (80 ml) kakao
  • 50 g (65 ml) suiker
  • 2,5 ml bakpoeier
  • knippie sout

Klits melk, eier en gesmelte botter saam. Sif meel, kakao, suiker, bakpoeier en sout saam. Maak holte in middel van droë bestanddele. Voeg melkmengsel stadig by terwyl jy aanhoudend klits. Maak seker daar is geen klonte nie. Maak toe met kombuislap en laat beslag sowat 30 minute staan. Verhit ’n 24 cm- kleefvrye pan. Skep van die beslag in die pan en bak tot borrels wys. Draai om en braai nog sowat 2 – 3 minute aan die ander kant. Bak res van pannekoeke. Smeer sjokoladevla oor elke pannekoek en vou toe. Sit voor.

Wenk
Sit gaar pannekoeke op ’n bord en maak toe met kleefplastiek. Dit hou die pannekoek sag, sodat dit makliker vou.