Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Gebak

Sjokolade-polentakoek

Tradisioneel het polentakoek ʼn baie growwe tekstuur. Ek maak die polenta eers gaar voor ek die ander koekbestanddele bymeng om die tekstuur fyner te maak.
(Genoeg vir 8 – 10)

  • 250 ml water
  • 55 g (65 ml) polenta
  • 115 g (125 ml) botter
  • 200 g donkersjokolade
  • 4 eiers, geskei
  • 1 eiergeel
  • 105 ml (125 ml) strooisuiker
  • 1 x 250 ml geroomde laevet-maaskaas

Verhit oond tot 180 °C. Bring water tot kookpunt in middelslag-pot en gooi polenta by. Roer deurentyd tot mengsel begin kook en verdik. Verlaag hitte en roer nog 5 minute. Verwyder van hitte en gooi in mengbak. Voeg botter en sjokolade by. Roer tot gesmelt en laat afkoel tot kamertemperatuur. Klits al 5 eiergele en helfte van strooisuiker saam tot lig en donsig. Voeg sjokolademengsel by en meng deur. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en voeg res van suiker geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Vou by sjokolademengsel in. Voer 25 cm-losboomkoekpan uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel in pan en bak 35 – 40 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Smeer maaskaas oor en sit voor.