Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Sjokolade-roompoeding

(2 PORSIES, MET NOG EEN OM LATER TE DEEL)

  • 6 eiers
  • 500 ml melk
  • 1 vanieljepeul, in die helfte gesny en saadjies uitgekrap met die agterkant van ’n skoon mes
  • 125 g strooisuiker
  • 50 g donkersjokolade, fyngekap
  • 250 g bessies van jou keuse

Nie lus vir sjokolade nie? Dis glad nie nodig nie – jy kan dit weglaat en die beslag verdeel tussen die koppies en só bak. Pleks van die koppies in ons stap-vir-stap foto’s kan jy glaskelkies gebruik soos op die hooffoto.

  1. Verhit oond tot 160 °C. Breek eiers oop en gebruik die doppe om die eiers te skei: Gooi die geel oor ’n bak heen en weer tussen die doppe tot eierwit alles onderin bak is. Gooi gele in aparte bak.
Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Verhit die melk en vanieljesaadjies oor medium hitte. Bring tot kookpunt.

 

 

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3. Voeg strooisuiker by eiergele en klits met draadklitser tot lig en skuimerig – sowat 2 – 3 minute. Gooi warm melk by en meng goed. Verdeel mengsel in twee en gooi gekapte sjokolade by een helfte. Roer tot die mengsel glad is.

 

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4. Plaas 6 koppies wat elk sowat 125 ml vloeistof kan hou in oondpan. Verdeel altwee mengsels tussen koppies. (Jy’t 3 koppies van die vanieljemengsel en 3 van die sjokolade.) Vul pan met kookwater en plaas in oond. Bak vir 15 – 25 minute en laat verder stol in yskas. Sit voor met bessies.

 

Stap 4

Stap 4

  • Evelyn Morrissey

    Baie dankie dat n mens die vorige resepte kan kry. Iemand het my Brownie resep uit my boejk geskeur (baie lelik). My huistaal is Engels maar gelukkig kan ek Afrokaans verstaa. Jule kos en bakwerk is heerlik