sk0409sjokkoek02
Gebak

Sjokoladekoek uit die boks

Ina Paarman was my lektrise en haar sjokoladekoek is puik. Twee bokse Ina Paarman’s Kitchen Chocolate Cake Mix maak twee hoë koeke. Elkeen word dan gehalveer vir ’n vierlaag-koek. Ek het sjokolade-splinters bygevoeg

Gebruik 2 koekpanne van sowat 20 cm.

  • 2 bokse Ina Paarman’s Kitchen Chocolate Cake Mix
  • 500 ml sterk swart koffie
  • 500 ml sonneblomolie
  • 6 groot eiers
  • 100 g sjokolade-splinters

Verhit jou oond tot 180 ºC. Volg die aanwysings agterop die pak. Wanneer die koeke klaar gebak is en afgekoel het, versier met die volgende:

  • 125 g (135 ml) sagte botter
  • 250 g (480 ml) versiersuiker
  • 20 g (50 ml) kakao
  • 25 ml melk
  • 2 blikke karamel
  • sjokolade-vingerkoekies

Sit botter in elektriese menger. Sif versiersuiker en kakao saam en voeg by botter. Meng goed en voeg melk by tot glad. Smeer karamel tussen die koeklae en die versiersel om die koek. Druk die koekies rondom vas.

Wat jy moet weet
Die koek se bolaag gaan krakerig wees – dis reg so.