Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Gebak

Sjokoladekraakkoekies

Die koekies word in versiersuiker gerol. Dit vorm ʼn wit lagie wat ʼn kraakpatroon maak wanneer dit gebak word.
(sowat 20 – 24 koekies)
Baktyd: 12 – 15 minute

  • 80 ml botter
  • 100 g donkersjokolade
  • 190 ml glutenvrye meel
  • 60 ml kakaopoeier
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 170 ml suiker
  • 125 ml versiersuiker plus ekstra vir rol
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 eiers
  • 100 ml melk

Smelt botter en sjokolade saam. Sif meel, kakao, bakpoeier, sout en suikers saam. Voeg meelmengsel saam met res van bestanddele by sjokolademengsel en meng goed tot sagte deeg vorm. Plaas in yskas vir 25 minute. Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg in balletjies so groot soos ’n okkerneut. Rol in ekstra versiersuiker tot heeltemal bedek. Plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Druk balletjies effens plat en bak 12 – 15 minute of tot gaar. Laat afkoel tot bros.