Sjokolademousse-koek

FOTO Donna Lewis

Gebak

Sjokolademousse-koek

Saam met lekker sterk koffie is die Sjokolademousse-koek die perfekte einde vir ’n heerlike maal.

genoeg vir 1 koek

• 2 groot eiers
• 250 ml sonneblomolie
• 250 ml sterk koffie
• 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
• 250 g donkersjokolade
• 45 ml botter, gesmelt
• 3 eiers, geskei
• 60 ml versiersuiker
• 250 ml sjokoladesous
• 125 g bessies van jou keuse

Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cm-broodpan met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Meng eiers, olie en koffie goed in groot mengbak. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Gooi in broodpan en bak vir 30 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit.

Verdeel koek in twee lae. Voer broodpan met kleefplastiek uit en plaas een koeklaag onder in pan. Smelt sjokolade en botter saam in mikrogolfoond. Laat afkoel tot lou- warm en roer eiergele een vir een by – as dit te warm is, gaan dit skif. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en voeg versiersuiker by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Vou by sjokolademengsel in. Skep mengsel dadelik in uitgevoerde pan. Plaas tweede koeklaag bo-op en laat stol vir 3 uur of oornag in yskas.

Lig uit pan met behulp van die kleefplastiek. Plaas op opdienbord en verwyder kleefplastiek. Sit voor met sjokoladesous en bessies.