Fotodeur Donna Lewis

SARIE KOA APRIL/MEI 2013

Fotodeur Donna Lewis SARIE KOA APRIL/MEI 2013

Gebak

Sjokoladesplinterkoekies

Versier jou koekies met ʼn spesiale rubberstempel.
(sowat 14 – 16 koekies)
Baktyd: 12 – 15 minute

  • 265 g (500 ml) glutenvrye meel plus ekstra vir uitrol
  • 155 g (170 ml) botter
  • 25 g (60 ml) versiersuiker
  • 1 vanieljepeul se saadjies of 5 ml geursel
  • 100 g sjokoladesplinters
  • 30 ml water

Plaas al die bestanddele behalwe die water in voedselverwerker. Verwerk by hoë spoed tot gemeng. Terwyl masjien loop, gooi genoeg water geleidelik by tot alles in ’n bal saamkom. Draai deeg toe in kleefplastiek en sit in yskas vir 20 minute. Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel meel op werkoppervlak en rol deeg uit tot 4 mm dik. Gebruik 8 cm-koekiedrukker en sny koekies uit. Plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Druk met koekiestempels. Bak 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel tot hard.

Koop oulike koekiestempels in die SARIE-winkel:

Screen Shot 2014-04-09 at 4.21.27 PM

 

 

 

 

Koop dit hier!