sk08_4glutenvry05
Bykos

Skotse brosbrood (glutenvry)

(12 wiggies)

  • 250 g botter
  • 100 g strooisuiker
  • 240 g glutenvrye meel
  • 60 g mielieblom of rysmeel
  • knippie sout

Verhit jou oond tot 160 ºC. Room die botter en suiker saam tot lig en romerig. Sif die droë bestanddele saam. Werk die droë bestanddele met die hand by die bottermengsel in tot glad. Druk die mengsel in 3 klein (10 cm-) losboom-quiche-panne. Plaas die pannetjies op ’n bakplaat. Prik die deeg egalig met ’n vurk en bak sowat 1 uur. Sny in kwartwiggies.