Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Gebak

S’moesa lekker

Sò maak jy samoesas

Maak ’n pasta van meel en water. Dit dien as die “gom” om die deeg aanmekaar te hou tydens die vouproses. Gebruik samoesa- deeg wat in supermarkte beskikbaar is

Meelpasta
• 25 g (45 ml) koekmeel
• 75 ml koue water
Meng goed tot gladde pasta vorm.

Vou sò ’n samoesa
1. Plaas een strook deeg op jou werkoppervlak.
2. Smeer van die meelpasta om die rand van die deeg. Skep van die vulsel bo-op.
3. Vou rand van die deeg om die vulsel om ’n driehoek te vorm.
4. Vou die driehoek om en om tot by die punt van die deeg.
5. Hou gevoude samoesas eenkant en herhaal met res van deeg.stap vir stap

Sò braai jy ’n samoesa
Verhit sowat 1,5 liter sonneblomolie in ’n diep pan. Gooi ’n klein stukkie witbrood in olie. As die brood stadig binne 3 – 4 minute goudbruin gebraai is, is die olie reg. Maak net seker die
olie is nie baie warm nie. Plaas 3 – 4 samoesas op ’n slag in die pan. Gebruik ’n gaatjieslepel en beweeg die samoesas heen en weer in die olie. Braai tot goudbruin en draai om. Braai ander kant tot goudbruin. Haal uit en dreineer op bakpapier. Sit warm voor saam met blatjang.