Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Gebak

Sodabrood

Dis ʼn baie maklike en vinnige brood om te bak

(4 – 6 porsies)

  • 450 g (800 ml) koekmeel
  • 5 ml suiker
  • 5 ml sout
  • 5 ml koeksoda
  • 200 – 300 ml karringmelk

Verhit oond tot 180 °C. Plaas meel, suiker, sout en koeksoda in ’n groot mengbak en meng. Maak holte in middel en voeg 200 ml karringmelk by. As mengsel te droog is, kan jy nog 100 ml melk byvoeg. Maak aan tot deeg vorm – dis nie ’n stywe deeg wat geknie word nie. Strooi bietjie meel op werkoppervlak en sit deeg bo-op. Vorm in ronde bal. Sit op gesmeerde bakplaat. Sny ’n kruis bo-op en plaas in oond. Bak 40 – 45 minute. Klop brood bo-op en as dit hol klink, is dit gaar.

Maak nou ’n broodjie

  • soutvleis
  • sodabrood
  • dijon-mosterd
  • agurkies
  • piccalilli

Plaas skywe soutvleis bo-op ’n sny brood. Smeer mosterd bo-op. Sit skywe agurkies op. Skep piccalilli bo-op.