Gebak

Spaanse tamatie-eiergebak

(2 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 4 snye ham, in dun stroke gesny
  • 125 g sampioene, gehalveer
  • 1 blik All Gold Spanish Style Diced Tomatoes
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 125 ml bevrore ertjies
  • 2 eiers
  • sowat 30 ml pietersielie, fyngekap

Verhit jou oond tot 180 ºC. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die ui en knoffel vir sowat 2 minute. Voeg die ham en sampioene by en braai verder vir sowat 5 minute. Voeg die geblikte tamaties by en geur met sout en swartpeper. Prut vir 10 minute. Voeg ertjies by. Verdeel die mengsel tussen twee klein pannetjies wat jy in die oond kan sit, of twee oondbakkies. Maak ’n effense holte in die middel van elke bakkie of pannetjie se inhoud en breek ’n eier daarin. Bak vir 10 – 15 minute tot die eierwit gestol het. Sprinkel pietersielie oor en sit onmiddellik voor.