Foto deur Lee Malan
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Lee Malan SARIE KOS DES 13/JAN 14

Gebak

Spaghetti-koek met parmaham en mozzarella

Genoeg vir 8
Gaarmaaktyd: 30 minute

• 500 ml room
• 5 eiers
• 100 g mozzarella-kaas, gerasper
• hand vol basiliekruid en pietersielie, fyngekap
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 400 g gaar oorskietspaghetti
• 70 g parmaham of enige ham van jou keuse, in repe geskeur
• 30 g (35 ml) botter
• paar vars basiliekruidblare vir voorsit

Verhit oond tot 200 °C. Klits room, eiers, mozzarella, basiliekruid, pietersielie en 2 fyn knoffelhuisies saam. Geur met sout en peper. Voeg gaar spaghetti en parmaham by en meng goed deur. Smelt botter in ’n pan van 20 cm diep wat in die oond gesit kan word. Braai 2 fyn knoffelhuisies liggies en verwyder van hitte. Plaas pan op bakplaat en voeg spaghettimengsel by gebraaide knoffel. Roer. Plaas pan in oond en bak mengsel 30 minute, tot gestol en bruin van kleur. Sprinkel olyfolie oor en laat staan paar minute voor jy dit uit die pan in ’n opdienbak skep. Sprinkel vars basiliekruid oor en geniet met groenslaai.