Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Gebak

Spanakopita – spinasie en fetakaas in fillodeeg

Maak eerder vierkantige pakkies as die driehoeke wat jy gewoonlik in Suid-Afrika kry. Die vierkante is baie makliker.
6 porsies

  • 300 g vars baba-spinasieblare
  • 2 sprietuie, fyngekap
  • 200 g fetakaas, gekrummel
  • 1 eier, geklits
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 velle fillodeeg
  • sowat 150 ml olyfolie om die deeg te smeer

Verhit jou oond tot 190 °C. Was die spinasieblare goed en verwyder die stingels. Blansjeer in baie min kookwater. Gooi die spinasie in ’n vergiettes, druk die oortollige water daaruit en kap fyn in jou voedselverwerker. Meng die gekapte spinasie met die sprietuie, fetakaas en eier, en geur met swartpeper. Plaas een vel fillodeeg op jou werkoppervlak. Smeer ’n klein bietjie olyfolie bo-op en vou die vel toe sodat dit ’n dubbellaag vorm. Smeer weer met olyfolie. Skep ’n groot hoeveelheid vulsel in die middel, sowat 5 cm van die boonste rand. Vou die boonste rand oor die vulsel en rol die deeg op. Vou die rande van die pakkie om sodat dit ’n vierkant vorm. Smeer elkeen met olyfolie en plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Bak vir 25 – 30 minute tot bros en goudbruin. Sit voor saam met tzatziki.