Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Spek-hoender-en-sampioenpastei

(4 – 6 PORSIES)
30 MINUTE

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g spek, grofgekap
  • 4 (500 g) hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 250 g sampioene, grofgekap
  • 30 ml vars tiemie, gekap
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 middelslag-aartappels, geskil
  • 45 ml botter, gesmelt

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in middelslagpot en voeg ui en knoffel by. Braai vir 3 minute of tot begin verbruin. Voeg spek by en braai vir nog 5 minute. Voeg hoender, sampioene en tiemie by. Braai vir 5 minute. Gooi room oor en laat vinnig prut vir 5 minute of tot roomsous vorm. Geur goed met sout en peper. Gooi mengsel in oondvaste bak. Gebruik ’n skerp mes en sny aartappels in papierdun skywe. Pak
aartappels bo-op en sprinkel gesmelte botter oor. Bak vir 15 – 20 minute of tot aartappels goudbruin en
gaar is. Sit warm voor.