sr1305_koshoof_17_
Gebak

Spek-kruie-en-kaas-muffins

  • 275 g (490 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 30 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 250 g spek, grofgekap
  • 10 ml gemengde
  • gedroogde kruie
  • 100 g beleë cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier
  • 285 ml melk

genoeg vir 6

Verhit oond tot 180 °C.

Sif koekmeel, bakpoeier en sout
saam.

Verhit botter tot warm in middelslag-braaipan. Voeg ui by en roerbraai tot lig en deurskynend, sowat 5 minute. Voeg spek by en braai verder tot goudbruin en bros, sowat 10 – 12 minute.

Roer gemengde kruie deur. Voeg kaas 
en spekmengsel by meelmengsel. Klits eier en melk en roer deur meelmengsel tot goed gemeng.

Spuit 6 oondvaste 250 ml-koppies met kleefwerende kossproei, of gebruik ’n standaardgrootte kolwyntjiepan met 6 holtes. Verdeel deeg en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar.

Sit louwarm voor.

*Kry nog heerlike resepte soos Sampioen-en-ricotta-tert en Sjokoladeroomys in die Mei-uitgawe van SARIE. Herman wys jou ook hoe om jou eie botter, ricotta, mascarpone en Devonshire-room te maak!

BotterRicottaMascarponeDevonshire-room

Nou op die rakke!