Gebak

Spinasie-en-tamatie-gebak

(30 minute – 4 porsies)

  • 30 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 750 g bevrore, gekapte spinasie (ontdooi)
  • 800 g ricotta-kaas
  • 6 eiers
  • 250 ml room of melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • sowat 15 klein rosa-tamaties

Verhit jou oond tot 180 °C. Smelt die botter in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die spinasie by en braai vir sowat 1 minuut. Gooi die mengsel in ’n mengbak en voeg die ricotta-kaas by. Meng goed. Klits die eiers en room (of melk) saam en voeg by die spinasie-mengsel. Meng goed en geur met sout en swartpeper. Gooi die mengsel in ’n gesmeerde oondbak (sowat 30 x 10 cm) en rangskik die olywe en tamaties bo-op. Bak vir 25 minute. Sit warm voor saam met ’n lekker brood.