sk0912vark03
Gebak

Spinasie-gevulde varklies

(8 – 10 porsies)

  • 800 g baba-spinasieblare
  • 40 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 600 g vark-maalvleis
  • sap van 1 suurlemoen
  • ontbeende varklies van 3 kg, met vel
  • 50 ml olyfolie
  • 600 g witwortels
  • 4 jong knoffelbolle
  • vars roosmaryn-takkies

Verhit oond tot 180 °C. Dompel spinasie vir sowat 5 – 10 minute in kookwater tot sag. Dreineer en kap baie fyn in voedselverwerker. Verhit olyfolie in ‘n pan en braai ui en knoffel tot sag en
deurskynend. Voeg spinasie by en braai vir sowat 5 minute. Geur met sout en swartpeper. Gooi spinasiemengsel in ‘n mengbak en laat afkoel. Voeg maalvleis en suurlemoensap by. Meng goed. Plaas varklies velkant na onder op werksoppervlak. Geur met sout en swartpeper. Skep vulsel in middel in ‘n lang strook. Vou varklies toe en bind vas met kombuistou. Gooi die 50 ml olyfolie in ‘n oondroosterbak en plaas vleis in bak. Rooster vir 1 uur. Draai die temperatuur af na 160 °C en rooster vir nog 2½ uur. Plaas witwortels, jong knoffelbolle en roosmaryn om die vleis vir die laaste uur.