Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Spinasiepastei met fillo-deeg

(6 porsies)

30 minute

  • 45 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g spinasie
  • 125 ml room
  • 3 sirkels feta-kaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 10 velle fillo
  • 80 ml botter, gesmelt

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie tot warm in middelslagpot. Voeg uie en knoffel by. Braai stadig tot begin verkleur, sowat 5 minute. Voeg spinasie by en braai vinnig vir sowat 1 minuut. Voeg room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 1 minuut. Verwyder van die hitte en krummel feta by. Geur goed met sout en swartpeper. Verf fillo-velle met gesmelte botter en plaas bo-op mekaar. Skep spinasie-vulsel in middel, vou kante van deeg oor die vulsel en bring dit bymekaar soos ‘n wasgoedbondel. Plaas op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en bros. Sit warm voor met slaai van jou keuse.