Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS FEB/MRT 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Gebak

Spinasietert

Resep deur Tannie Poppie
Gelaai met die ryk smake van bokmelkkaas en ham.
Genoeg vir 1

• 1 x basiese korsresep
• 80 g (500 ml) vars rou spinasie, fyngekap
• 15 ml sonneblomolie
• 15 ml botter
• 125 ml rooi-ui, gekap
• 125 ml bokmelkkaas, fyngekap
• 125 ml ham, grofgekap
• sout
• knoffel-en-kruiegeursel – kyk by speseryafdeling
• 6 eiers
• 250 ml melk
• 250 ml room

Maak kors aan volgens resep en voer ’n reghoekige losboom-tertpan van 25 x 13 cm daarmee uit. Verhit oond tot 180 °C. Roerbraai spinasie in die olie en botter tot dit byna droog is. Voeg ui by en roerbraai nog ’n paar minute. Laat afkoel en voeg gekapte kaas, ham en geurmiddels by. Skep in voorbereide tertkors. Maak gelyk. Meng eiers, melk en room. Giet oor vulsel in tertkors en vul die tertbak. Bak 30 – 40 minute in warm oond. Laat afkoel en sit voor.