6 uur tuis, eet half 7

Steak en aartappelwiggies

(4 – 6 porsies)

  • 30 ml botter, gesmelt
  • 15 ml tiemie, gekap
  • 15 ml origanum, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 6 groot aartappels, in wiggies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 4 x 300 g sirloin steaks
  • 100 g mosterd
  • 1 x 250 g-bottel piekeluie, gedreineer

Verhit oond tot 200 ˚C. Meng botter, tiemie, origanum en knoffel. Plaas aartappelwiggies in ‘n oondvaste bak en gooi kruiebotter oor. Geur goed met sout en swartpeper. Rooster vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en sag. Sprinkel olyfolie, suurlemoensap en -skil oor steak. Verhit ‘n riffelpan tot die rook daaruit trek. Braai steaks sowat 5 – 6 minute per kant vir mediumgaar of langer soos jy verkies. Laat rus steaks vir 3 minute. Sit warm voor saam met aartappelwiggies, mosterd en piekeluie.

 

  • rexysqrr

    S5Bqkm sawmbhdjmghm, [url=http://oxnkyfnzwoui.com/]oxnkyfnzwoui[/url], [link=http://tashpfaousln.com/]tashpfaousln[/link], http://qkufpoanaxoa.com/