Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Steak-en-Sampioen-pasteie

(4 porsies)

Sny 3 ribsteaks (rib-eye) in blokke. Verhit 30 ml olyfolie in ’n kastrol en braai vleis (nie alles op een slag) tot bruin. Hou eenkant. Sny 250 g strepiespek in blokkies en braai in dieselfde kastrol tot bruin. Voeg 1 gekapte ui, 2 fyngekapte knoffelhuisies en 1 opgesnyde selderystingel by. Braai vir sowat 2 minute saam. Sit steak terug in kastrol en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg 250 ml beesvleis-aftreksel en 250 g gesnyde sampioene by. Maak kastrol toe met deksel. Laat prut 1 uur tot vleis sag is. As die sous te dun is, meng 15 ml mielieblom met bietjie water en voeg by. Roer goed deur. Skep in 2 groterige bakkies (of 1 groot bak) en laat effens afkoel. Verhit oond tot 180 °C. Verdeel 1 vel (400 g) blaardeeg in twee en plaas bo-op vulsel in bakkies. Verf deeg met 1 geklitste eier en plaas in oond. Bak 30 – 35 minute tot deeg goudbruin en bros is.