Steak-sampioen-enspekpastei

Steak-sampioen-enspekpastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Steak-sampioen-en-spekpastei

genoeg vir 4 pasteie

Verhit oond tot 180 °C. Verhit sowat 60 ml olyfolie in ’n diep pan. Bedek 500 g beesvleisrepies met 25 g (30 ml) koekmeel en braai tot bruin. Voeg 125 g strepiespek (in blokkies gesny) by en braai tot spek bros is. Voeg 125 g gesnyde sampioene en 375 ml groente-aftreksel by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper, 3 takkies vars tiemie en 2 fyngekapte knoffelhuisies. Maak pan toe met deksel en prut tot vleis sag is. Laat afkoel. Voer 4 vierkantige foeliepasteibakkies uit met 2 x 400 g-velle blaardeeg. Skep vulsel in en maak bakkies toe met deegdoppies. Verf met 1 geklitste eier en versier bo-op met oortollige deeg. Plaas in oond en bak 35 – 40 minute.