sk08_3_6hrtuis09
6 uur tuis, eet half 7

Sticky hoendervlerkies

30 minute – 4 porsies

• 100 ml tamatiesous
• 50 ml Worcestersous
• 50 ml sojasous
• 100 ml blatjang
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 20 hoendervlerkies

Verhit jou oond tot 240 °C. Meng die drie souse, blatjang en knoffel saam. Gooi die sousmengsel oor die hoendervlerkies en maak seker hulle is goed bedek. Voer ’n bakplaat uit met tinfoelie (blink kant na binne) – die sous brand maklik aan en dan is dit moeilik om die bakplaat skoon te kry. Plaas die vlerkies op die tinfoelie. Bak in die warm oond vir 20 minute. Sit nou die rooster-element van jou oond aan en rooster die vlerkies vir 5 minute. Sit voor saam met gekookte mielies.