Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Sticky-hoendervlerkies met slaai

(4 porsies)

Dis die soort gereg wat jy voor die TV eet saam met die gesin.

  • 200 ml soet sojasous
  • 30 ml witwynasyn
  • 80 ml olyfolie
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • 15 ml vars gemmer, gerasper
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 16 hoendervlerkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng sojasous, asyn, olyfolie, rissie, gemmer en knoffel. Doop hoendervlerkies in die marinade en geur goed met sout en swartpeper. Verhit ‘n pan tot warm en braai die vlerkies vir sowat 10 minute tot goudbruin en gaar. Bak verder in die oond tot lekker bros en taai. Sit warm vlerkies voor met slaai van jou keuse.