Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS OKT/NOV 2013

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Gebak

Suiker-en-kaneel-rolletjies

Die rolletjies is lekker taai en soet. Dis ’n baie oulike manier om rolletjies te bak wat ek op Pinterest gesien het.
12 rolletjies

• 1 kg winkelbrooddeeg
• 200 g (220 ml) botter
• 60 ml gouestroop
• 400 g (500 ml) suiker
• 15 ml kaneel

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Verdeel deeg in 12 stukke. Rol in rolletjies. Sny elke rolletjie in 6 met ‘n pizzasnyer.

 

Suiker-en-kaneel-rolletjies stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Smelt botter en stroop saam. Meng suiker en kaneel saam in ’n plat bakkie. Doop elke klein stukkie deeg in bottermengsel en rol dan in die kaneelsuiker.

 

stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Spuit ‘n standaardgrootte kolwyntjiepan goed met kleefwerende kossproei. Pak 6 stukkies deeg in elke holte van die pannetjie. Laat rys sowat 20 minute op ‘n warm plek. Plaas in oond en bak sowat 45 minute tot gaar.

 

stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Haal versigtig uit pannetjie en laat onderstebo koud word. Daar het ‘n heerlike karamel onder in die pan gevorm wat die rolletjies nogal taai maak.

 

stap 4

Stap 4