suikervrye_skons
Gebak

Suikervrye skons

(8 skons)

* 280 g (500 ml) bruismeel
* 200 g botter
* 170 ml volroommelk

Verhit oond tot 180 °C. Sif 280 g (500 ml) bruismeel in groot mengbak. Sny 200 g botter in klein blokkies en voeg by meel. Vryf met vingerpunte in die meel tot mengsel soos growwe sand lyk. Voeg 170 ml volroommelk by en meng tot mengsel bymekaarkom. Keer uit op meelbestrooide oppervlak en druk plat
tot sowat 2 cm dik. Druk sirkels uit met
 5 cm-koekiedrukker. Plaas op bakplaat wat goed
 met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir
 20 – 25 minute of tot goudbruin.

Sit louwarm
 voor met styfgeklopte room en konfyt.

  • Annetjie

    Dit klink na skons vir my, maklik, vinnig en lekker