Gebak

Suurdeegbrood gevul met ricotta en parmaham

(4 – 6 porsies)

  • 1 x 600 g suurdeegbrood
  • 150 g parmaham-repies
  • 250 g ricotta-kaas
  • 250 g ontpitte swart olywe
  • 15 ml tiemie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 125 ml room
  • 2 eiergele
  • 200 g kersietamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 ˚C. Sny bokant van brood af en hol uit. (Vries vir broodkrummels.) Voer brood met ham uit. Meng ricotta, olywe, tiemie, knoffel, room en eiergele. Gooi binne-in brood en rangskik tamaties bo-op. Geur goed met sout en peper. Bak vir 30 – 45 minute of tot mengsel gestol is. Sit warm voor saam met slaai